Skip to content Skip to footer

Impala Akademie

Laerskool Impala is daartoe verbind om kwaliteitonderrig aan al ons leerders te bied Ons het meganismes, stelsels en beleide in plek om alle vorms van assessering met groot sukses te bestuur en dit maak Laerskool Impala uitnemend. Goed opgeleide en kundige personeel laat elke leerling geliefd en gewaardeer voel, wat hul inspireer tot hoër hoogtes. Ons leerdergesentreerde aanslag gee ons die geleentheid om funksionele onderrig te lewer.

Met hierdie innoverende benadering van uitnemendheid het ons van die Top akademiese prestasies in die Distrik en in Gauteng. Ons spog met puik ondersteuningstelsels wat bydra tot ons puik jaarlikse slaagpersentasies.

0 %

Akademies - gerig

Impala Akademie

Ons leerders presteer!

Puik prestasies word jaarliks gelewer deur ons leerders op verskeie kompeterende platforms. Optimale leer, groei en geleenthede word daar gestel om ‘n goed gebalanseerde leerder hoërskool toe te stuur.

‘n Kleine knapie soos klank kan ‘n groot bohaai maak op die regte klankgolf. Daarom spog Impala graag met ons kore, spreekkore en skitterende solo-sang.

Dié klanke van leerders se sang is die klank wat eggo soos die Impala-vliegtuig beweeg. Die eggo weergalm in elke Impie-hart.

Ritmies op elke maat van kleurvolle musiek en danspassies waarop skitterende oë vol verwondering gefokus is. Impala-revue se sinoniem is uitdaging. Ons is gereed vir meer, beter, hoër, vinniger en met doeltreffende vlieëniers wat weet hoe. Daarom is kultuur by Impala die aërodinamiese krag wat Laerskool Impala laat hoër vlieg, die rede waarom Laerskool Impala altyd bo sal bly.

Uitstekende akademie geken aan:

Innovasie

Waar ekstra geleenthede aan leerders gebied word soos die:
- Jaguar Primary challenge
- Mini Science Lab
- Wetenskap Ekspo

Tegnologies Toegerus

Laerskool Impala se klasse is almal toegerus met ‘n projektor en skootrekenaar. Dit verseker dat ons leerders kreatiewe onderrig ontvang via PowerPoint wat voorsiening maak vir visuele en ouditiewe stimulasie.

Inklusiewe Onderwys

- Spreek alle leerders se denkvlakke aan.
- Differensiasie

Uitnemende Onderwys

Ons onderwysers is van hoogstaande gehalte en het ‘n passie vir die onderwys en om met kinders te werk.

Skakelings Netwerke

- Kontak sessies met Hoërskole om korrekte vakkennis vas te lê.
- Skole Ondersteuningsentrum.
- Kundiges op vakgebied.

Ondersteuningsdienste

Laerskool Impala bied ondersteuning soos
- Arbeidsterapeute
- Spraakterapeute
- Berading
- Opvoedkundige sielkunde
- Maatskaplike dienste

Onderrig vind plaas aan die hand van die KABV van die Departement van Onderwys. Onderwysers word gereeld vir opleiding gestuur om op hoogte te bly van die heel nuutste informasie.

Afrikaans – Klem op moedertaal onderrig

  • Luister en praat
  • Klanke assessering
  • Lees en leesbegrip
  • Handskrif
  • Skriftelike werk/taal

Engels – Eerste addisionele taal

  • Listening and speaking.
  • Reading and Phonics.

Wiskunde – Grondslag van wiskundige bewerkings word gelê.

  • Daar word vyf wiskundige onderafdelings aangeleer.

Lewensvaardigheid – Vormingsvaardighede word onderrig

  • Lewensvaardige aanvangskennis
  • Uitvoerende kunste
  • Visuele kunste
  • Liggaamlike opvoeding

Slaagvereistes in die Grondslagfase

Punte word aangedui in vlakke van Vlak 1 wat die swakste punt aandui tot Vlak 7 wat die mees uitstekende punt aandui.

Die Minimum slaagvereistes vir ‘n leerling in die grondslagfase is as volg:

  • Afrikaans (HT) – Vlak 4
  • Engels (EAT) – Vlak 3
  • Wiskunde – Vlak 3
  • Lewensvaardigheid – Vlak 3

Verslae (rapporte) word aan die einde van elke kwartaal aan ons leerlinge gegee, wat dui op die vordering van u kind.

Ouermiddae en gereelde kontak met ouers word gemaak om onsekerhede op te los.

Intervensie en hulpverlening

  • Hulpverlening vind plaas in die klas deur die klasonderwyser.
  • Intervensie word aanbeveel indien daar aan spesifieke areas aandag gegee moet word.

Remediërende onderrig word aanbeveel indien bogenoemde nie voldoende is nie. Remediërende onderrig vind plaas in ons RO-Sentrum. Dit word na skool aangebied deur kundige personeel.

Impala Akademie = Impala se trots

Laerskool Impala roem daarop dat ons skool oor uitnemende onderwysers beskik, wat seker maak dat elke leerling hoëstaande gehalte onderrig ontvang. Ons klaskamers is tegnologies toegerus om seker te maak dat alle Impies kreatiewe en innoverende onderrig ontvang.

Ons Impie leerders ontvang die nodige hulpverlening en intervensie met toegewyde onderwysers wat die ekstra myl stap. Ons passievolle onderwysers werk hard om seker te maak dat ons puik akademiese standaarde, wat leerders aan hulself stel, bereik.

Impala streef daarna om Dié Skool in Gauteng te wees en met behulp van ons leerders en ondersteuning van ons ouers is dit binne ons bereik en om elke leerder optimaal te ontwikkel en om sodoende baanbreker werk te doen as ‘n skool wat uitnemende akademie nastreef.

Die vraestelle het geskuif na die Akademiese Hulpbronne Blad. Graad 4 tot Graad 7 het ‘n afdeling met die titel “VRAESTELLE” en daarin is die skakel na al die vraestelle vir die Graad. Kliek hier

Gaan na hulpbronne bladsy. Kliek hier