Stralejakkers is bevoorreg om nou ook ons Kleuterskool maats as Rakkers aan boord van die Impie-vlug te hê. Hulle bring 'n nuwe opwinding tot die vlugspan met hulle skaterlaggies en duisende vragies. Hierdie maats se vlerke word nie net voorberei vir 'n vlug wat die winde kan teenstaan nie maar hulle word ook geleer hoe om die winde tot hulle voordeel te gebruik. Hulle word ontdekkingsreisigers wat die wêreld vanuit 'n veilige klaskamer te leer ken. Hierdie vaardighede en kennis dien as 'n stewige basis waarvandaan die Kleuterskool-Juffies saam met hulle weer op reis na nog hoër hoogtes vlieg. U geleentheid op 'n fantastiese langtermyn belegging begin reeds hier by ons Kleuterskooltjie.
Laerskool Impala is ‘n bevoorregte skool wat kan spog met ‘n voedings-fasilitiet soos ons Kleuterskool. Dit is ‘n kleurvolle sentrum waar Rakkertjies van kleins af geleer word deur te speel en waar hulle in ‘n uiterse veilige leeromgewing die fynere kunsies van opvoeding aanleer.
By Kleuterskool het ons 'n voldag program wat vanaf 06:30 in die oggend tot 17:30 in die middag.
Aktiwiteite wissel van vrystel tot motoriese en brein ontwikkeling. Hier word jou kind gestimuleer op 'n gebalanseerde wyse.
Soos in enige skool om te verseker daar is orde en dissipline, moet daar gehoor gegee word aan die volgende.
Skoolgelde word jaarliks deur die Beheerliggaam vasgestel en aan die ouers voorgelê tydens die jaarliks...
Die personeel by ons Kleuterskool is uitstekend en sal verseker dat daar na elke kind se belange omgesien word.
Vir enige verdere navrae of addisionele inligting, kan u ons gerus kontak. Moet asseblief nie huiwer indien u 'n vraag het nie.