Skip to content Skip to footer

Impala Kleuterskool

Laerskool Impala is daartoe verbind om kwaliteit onderrig aan al ons leerders daar te stel. Ons het meganismes, stelsels en beleide in plek om alle vorms van assessering met groot sukses te bestuur en dit maak Laerskool Impala se Akademie die van uitnemendheid. Goed opgeleide en kundige personeel laat elke leerling geliefd en gewaardeer voel, wat hul inspireer tot hoër hoogtes. Ons leerdergesentreerde aanslag gee ons die geleentheid om funksionele onderrig te lewer.

Met hierdie innoverende benadering van uitnemendheid het ons van die Top akademiese prestasies in die Distrik en in Gauteng. Ons spog met puik ondersteuningstelsels wat bydra tot ons puik slaagpersentasies jaarliks.

Welkom by Impala Kultuur Kleuterskool

Welkom by Impala Kultuur Kleuterskool

Ons visie by die Kleuterskool is om afgeronde selfversekerde en verantwoordelike kaalvoet kleuters te ontwikkel op n speel-speel manier om sodoende hul volle potensiaal te bereik.

Ons sal dit ook doen deur n verwelkomende, gelukkige , veilige en ondersteunende Christelike leeromgewing te bied, waarin almal gelyk is en elke prestasie , maak nie saak hoe groot of klein gevier sal word.

Dis hier waar ons kleuters nog modderkoekies maak en goggas soek.

Ons streef daarna om seker te maak dat elke Impie Kleuterskool maat kan leer en dat leer by elke kindjie plaasvind.

Impala Kultuur Kleuterskool in ‘n neutedop

  • Gekwalifiseerde onderwyseresse en personeel.
  • Onderrig gegrond op Christelike beginsels.
  • Ons vorm deel van Laerskool Impala (Die oorgang van Kleuterskool na Gr R en Gr 1 is stresvry en maklik)
  • Hoë akademiese standaarde, in ‘n liefdevolle, ondersteunende omgewing.
  • Goed toegeruste klasse en speelterreine.
  • Gesonde geballanseerde gekookte etes in ons eie kombuis.
  • Uitstekende opvoedkundige leer materiaal.
  • Uitkoms gebaseerde kwartaalikse assessering.
  • Opvoedkundige instappies wat ingesluit is in die skoolfonds.
  • Eemalige registrasie fooi.
  • Bak- en- brou en lekker mors aktiwiteite dae.
  • Verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite in kultuur, sport en wetenskap
  • Jaarlike funksies.
  • Konsert.
  • Personeel opgelei in basiese noodhulp en brandgevaar.
  • Goeie sekuriteit gekoppel met ‘n beheerkamer,’n kamera stelsel in elke klassie en op ons speelterrein.
  • Spraakterapie, Arbeidsterapie, Suster Vasti en Maatskaplike werker per afspraak beskikbaar.
  • Kinderkinetika is deel van ons kurrikulum.
  • Kommunikasie vind plaas deur ons klas what’s app groepe, nuusbriewe, ”Skooly app”, boekies en Facebook.
  • Ons volg die ELDA kurrikulum en is gerigistreed by die Departement van Onderwys asook die Departement van Gesondheid.

Impala Kultuur Kleuterskool, dis hier waar ‘n kind nog kind kan wees.

Maak vandag nog die regte skuif!

Ontmoet Ons Personeel

Die personeel by ons Kleuterskool is uitstekend en sal verseker dat daar na elke kind se belange omgesien word.

Andante du Plessis    

Hoof van Impie Kleuterskool

Anke Strydom

Juffrou van die Woefie Woef klas-3-4 jaar

Believe Nyathi

Skoonmaker en Klashelper van Impie Kleuterskool, Olie Olifantjie Klas

Chantè Janse van Rensburg

Juffrou van die Tatty Teddie Klas -1-2 jaar

Charmaine Sekhabo

Skoonmaker en Klashelper van die Plonsplassie Klas

Granny Mongayne  

Skoonmaker en Klashelper van die Tatty Teddie Klas

Happiness Simelane 

Skoonmaker en Klashelper van Impie Kleuterskool, Kietsie Katjie Klas

Izette van As 

Juffrou van die Bella Moo Klas 3-4 jaar

Jeanne-Marie James      

Impie Kleuterskool Kok

Jolene Naudè    

Juffrou van die Mamma Mê klas 3-4 jaar

Lizer Phokwane 

Skoonmaker en Klashelper van die Hasie Kalbasie Klas

Luandra Nel   

Juffrou Assistent Hasie Kalbasie klassie 3-12 maande

Madeleine Combrink  

Ontvangsdame van Impie Kleuterskool

Mariè Fourie 

Finansiële dame van Impie Kleuterskool

Patricia Motsheketsheke      

Skoonmaker en Klashelper van die Mamma Mê En Woefie Woef klassies

Promise Migleitt 

Skoonmaker en Klashelper van die Bella Moo Klas

Rachelle Fourie    

Juffrou van die Ollie Olifantjie Klas 1-2 jaar

Sandi Sanders 

Juffrou van die Kietsie Katjie Klas 2-3 jaar

Stacey Coert

Juffrou van die Hasie Kalbasie Klas 3 maande-12 maande

Sue-Anne Van Emmenes 

Juffrou van die Plonsplassie Klas 2-3 jaar

Tanya Britz 

Juffrou Assistent van die Tatty Teddie Klas 1-2 jaar

Teresa Cronje

Juffrou Assistant van die Kietsie Katjie Klas

Yvonne Reiners    

Juffrou Assistant Ollie Olifantjie Klas 1-2 jaar

Kontak besonderhede

Vir enige verdere navrae of addisionele inligting, kan u ons gerus kontak. Moet asseblief nie huiwer indien u ‘n vraag het nie.