Skip to content Skip to footer

Impala Kultuur

Laerskool Impala se kultuur is aanmekaar geskakel soos die enjin van ‘n Impala-vliegtuig.

Kultuur by die Impies is dit wat dié vliegtuig doeltreffend maak en die aarde laat bewe soos ons as skool hoër hoogtes bereik en vinniger vlieg.

Impala Kultuur

'n Groep vir elke leerder!

Ons redenaars laat mededingers trippelend touspring, oor en om ons treffende toesprake wat beïndruk, beïnvloed en oorreed. Die skeppende en vindingryke nuutskeppings van argumente is die rede waarom leerders wat floreer op kultuur gebied uitblink by die Impies. Dié leerders is die brandstof vir die Impala-vliegtuig.

‘n Kleine knapie soos klank kan ‘n groot bohaai maak op die regte klankgolf. Daarom spog Impala graag met ons kore, spreekkore en skitterende solo-sang.

Dié klanke van leerders se sang is die klank wat eggo soos die Impala-vliegtuig beweeg. Die eggo weergalm in elke Impie-hart.

Ritmies op elke maat van kleurvolle musiek en danspassies waarop skitterende oë vol verwondering gefokus is. Impala-revue se sinoniem is uitdaging. Ons is gereed vir meer, beter, hoër, vinniger en met doeltreffende vlieëniers wat weet hoe. Daarom is kultuur by Impala die aërodinamiese krag wat Laerskool Impala laat hoër vlieg, dié rede waarom Laerskool Impala altyd bo sal bly.

0 %

Entoesiasties oor Kultuur

Impala Kultuur

Impala Aktiwiteite

Impala Kultuur

Voortrekkers

Word deel van die Voortrekker ervaring! Om ‘n kind met integriteit te kweek, en groot te maak, is uiters uitdagend in vandag se tyd! Die Voortrekkers is ‘n nie-winsgewende organisasie wat deur vrywilligers bedryf word, wat hulle toespits daarop om die jeug toe te rus vir die lewe.

Deur die samevoeging van ‘n verskeidenheid van talente van onderskeie offisiere, heemraadslede en ouers, word daar verseker dat die beste ondervinding aangebied word vir die kinders.

Kinders bly kinders en die Voortrekkers verseker dat die volgende belewenisse top prioriteit is!

AVONTUUR: Nagmarse, Lanternbekruip, Kleilat gooi, Visvang, Waatlemoenfeeste en nog baie meer!

NATUUR: Staptogte in die natuur, langs die see. Kennis opdoen van plante en diere!

ONAFHANLIKHEID: Kampe! Pret op kampe, terwyl ‘n spesialiteit aangeleer word.

Die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vind gewoonlik in die September skoolvakansie plaas. Die Impies verteenwoordig jaarliks hul provinsie by die SA-kampioenskappe en kan spog met puik resulte oor die jare.

Die Voortrekkers bied meer as 200 spesialisasies aan. Hierdie spesialisasies sluit onder andere in:

  • Fietsry
  • Paraatheid
  • Noodhulp
  • Ruimtewaarneming
  • Sterrekunde
  • Varswaterhengel
  • Roeikuns
  • Plaaslewe
  • Beeldende Kunste
  • Spoorsny
  • Staptogte
  • Medemens
  • Erfgrond

Dis HEERLIK om ‘n Voortrekker te wees! Kom vind uit HOE lekker!

Ons kinders is die leiers van môre en leiers vorm die wêreld. Dit maak dus sin om in ons kinders te belê. Maar voor ‘n kind kan lei, moet hy eers ‘n leier van sy eie lewe word. Hoe doen die Voortrekkers dit?

Die Bybel is die grondslag en by die Voortrekkers oefen kinders om waardegebaseerde besluite te neem. Die waardes is op die Bybel gegrond. Iemand wat geoefen is om waardegebaseerde besluite te neem, sal in die hitte van die oomblik ‘n goeie keuse maak.

Tot 92 Laerskool en 123 Hoërskoolkentekens word op die kampe en aksies aangebied en die name daarvan is ‘n aanduiding van die pret wat jou kind gaan hê terwyl hy of sy hierdie lewensvaardighede aanleer: Entrepreneurskap, Veldvernuf, Fietsry, Ruimtekuns, Veldvernuf, Roeikuns, Waterwerk ens.

  • Hulle kry die kans om hul kultuur in die natuur deur avontuur te geniet ten einde blywenede vriendskappe te vorm
  • Hulle leer nuttige selfdoenvaardighede en leierseienskappe aan
  • Hulle word voorberei om as positiewe en volwaardige Christen – burgers hul bydrae tot die land te lewer

Die Bybel is die grondslag en by die Voortrekkers oefen kinders om waardegebaseerde besluite te neem. Die waardes is op die Bybel gegrond. Iemand wat geoefen is om waardegebaseerde besluite te neem, sal in die hitte van die oomblik ‘n goeie keuse maak.

Tot 92 Laerskool en 123 Hoërskoolkentekens word op die kampe en aksies aangebied en die name daarvan is ‘n aanduiding van die pret wat jou kind gaan hê terwyl hy of sy hierdie lewensvaardighede aanleer: Entrepreneurskap, Veldvernuf, Fietsry, Ruimtekuns, Veldvernuf, Roeikuns, Waterwerk ens.

Kinders kan vanaf Graad R betrokke raak by die Voortrekkers. Hulle begin as Penkoppe en Drawwertjies, vorder tot Verkenners en kan selfs later ‘n offisier word!

Enige iemand is welkom solank hy of sy bereid is om die ABC van die Voortrekkers te onderskyf en uit te leef:

A- Afrikanerskap

B- Burgerskap en

C- Christenskap

Kinders kan aan die enigste Chirstelike, Afrikaanse kultuurorganisasie in die wêreld behoort vir minder as ‘n wegneemete per maand!

Kinders kom een keer per week in spanverband bymekaar en dan is daar natuurlik ook die uitstappies en kampe wat hulle kan bywoon. Impala Kommando se spanbyeenkomste is elke Dinsdag vanaf 17h15 – 18h15 by Impala Kultuurkleuterskool se kompleks.

  • Annelie du Plessis (Kommandoleier)082 336 7351
  • Ronelle Berry (Bemarking) 083 630 9989

Valkierugby word vir ons 0/7 & 0/8 Impies aangebied waar hulle Springbok-drome in die vorm van “tagrugby” begin.

Ons spog met A en B spanne asook 3de, 2de en 1ste spanne om soveel moontlike deelname by die seuns te kweek.

Laerskool Impala neem tans in die Valke Laerskole se Superliga deel asook in die nuut gestigde MC Prestige-reeks.

Ons bied ook ‘n rugby akademie vir Gr R-3 leerders aan waar meer individuele afrigting en vaardigheidsontwikkeling die hoof fokus is. Die afrigters is ongelooflik passievol en beskik ook oor die nodige kwalifikasies vir afrigting. Wat skeidsregters aanbetref spog ons met twee manspersoneel wat Top 10 Skeidsregters is asook drie A-Skeidsregters in die Valke Laerskole Rugby streek.

By Impieland sal u rugby liefhebber met net die beste geleenthede toegerus word en ons is opgewonde om die liefde en passie by elke speler verder te kweek.

Impala Kultuur

Senior Revue

Laerskool Impala se Revue is ons trots en iets waarmee ons graag spog. Ons Atlantis groep het in 2019 ‘n ongelooflike 98% behaal tydens die kunswedstryd. Ons dring nog elke jaar deur na die finale vir SA’s sowel as die Kaleidoscope kompetisies.

Ons oefeninge wat elke Maandag en Vrydag plaasvind, verg baie harde werk en deursettingsvermoë. Passies word deur ons briljante choreograaf aangeleer en daarna dag in en dag uit ingeoefen om ons so gelyk as moontlik te kry. Rolspel, sang en dans word alles saam ingeoefen om vir ons die uitmuntende optredes te lewer waarna ons elke jaar strewe.  

By die revue word ons familie, wat mekaar skaaf en opbou. Karaktergroei wat in elke leerder plaasvind, is opmerkbaar na slegs ‘n jaar se revue deelname. Leerders vind soveel selfvertroue en gemak deur optredes. Hier by Impala strewe ons om elke leerder so op te bou om hulle beste self te kan wees.

Impala Kultuur

Junior Koor

Ons Impie koorkinders het `n lied in hulle hart en die junior Allegro koor spog graag met hulle musiektalente. Die Junior Koor bestaan uit Graad 1-3 leerlinge, waar hulle die geleentheid kry om hulle stemmetjies te ontwikkel asook `n liefde vir musiek, sang en ritme te kweek.

By die Junior koor word daar veral op die volgende tydens oefensessies gefokus:

– Asemhaling- en stembeheer oefeninge

– Aanleer van nuwe liedjies

– Korrekte artikulasie en vorming van woorde

– Koor-etiket

– Bevordering van ritme.

Hierdie vaardighede word nog verder ontwikkel by ons Senior Koor.

Impala Kultuur

Senior Koor

Ons Sunior Koor bestaan uit leerlinge van graad 4-7. Daar is tans 70 koorlede. Die koor streef daarna om lieflike koorklank voort te bring en om ‘n liefde vir koormusiek by leerders te kweek. Ons kore neem jaarliks aan verskeie kompetisies deel naamlik: die Kemptonparkse kunswedstryd waar ons sedert 2017 aangewys was as itemwenners. Ons neem ook deel aan die Conspirito en Tswane Youth Arts Festival by die staatsteater.

Impala Sport

Redenaars

Die Impies kan ‘n ding raakpraat. By Impala gee ons jaarliks die leerlinge `n geleentheid om hulle sê te kom sê en ons is gereed vir 2023. Die stofie is reeds gestook! In ons eerste pot kook die interne redenaars wat by ons skool plaasvind.

Ons wil regtig poog om meer leerlinge betrokke te kry en wil graag kyk na spanredenaars in 2023.

Lekker skryf en onthou ons taal is kleurvol en lekker op die tong. Humor is ‘n groot faktor wat moet inpas by U kind se persoonlikheid.

Die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vind gewoonlik in die September skoolvakansie plaas. Die Impies verteenwoordig jaarliks hul provinsie by die SA-kampioenskappe en kan spog met puik resulte oor die jare.

Laerskool Impala wil elke leerling die geleentheid bied om op verskeie areas te presteer en met gemak te kan deelneem. Ons streef dus ook daarna om vir elke Impie die geleentheid te bied om voor ‘n gehoor op te tree deur ‘n toespraak te lewer.

Redenaars op skoolvlak is meer as net ‘n praat- kompetisie. Redenaars help met baie fasette van ontwikkeling bv. selfbeeld, selfkonsep , selfvertroue asook om kommunikasievermoëns te verbeter.

Tans presteer net die leerlinge wat deur dramaskole afgerig word, maar ons wil elkeen die geleentheid hiervoor bied.

Ons gaan dus van die begin van die jaar, leerlinge geleentheid gee om redenaarstoesprake voor te berei en deel te neem aan ons Interne kompetisies, maar ook deelname aan Radikale Redenaars en ATKV aanmoedig.

Laastens ons derde pot, naamlik die ATKV-kompetisie. Vir hierdie kompetisie kan slegs `n beperkte aantal leerders deelneem aangesien daar `n spesifieke kwota per skool vasgestel is.

Kom gryp die geleenthede en kom sê jou sê…

Toesprake se tyd is belangrik:

  • Gr 1 – 3: Nie langer as 4 minute nie.
  • Gr 4-7: Nie langer as 5 minute nie.

HOE LYK ‘N TOESPRAAK?

Inleiding:

  • Dit moet kort en kragtig wees.
  • Die gehoor moet gegroet word.
  • Die onderwerp moet reeds in die inleiding duidelik wees.
  • Die inleiding moet by die onderwerp en inhoud pas.
  • Dit moet effektief, treffend en gepas wees.

Onderwerp:

  • Weet jy waaroor wil jy redeneer?
  • Dit moet ‘n sterk redenasie wees. Mense moet presies weet wat jou standpunt is.
  • Dit moet by die spreker en sy ouderdom pas.
  • Kreatiewe, vars en relevante onderwerpe kry hoër punte.
  • Dit moet duidelik, beredeneerbaar, gepas en kreatief wees.

Struktuur en inhoud:

  • By Graad 1 – 2 is 2 hoofpunte voldoende.
  • By die res van die grade, 3-4 redeneringspunte.
  • Die hoofargumente moet duidelik onderskei kan word.
  • Die argumente moet sin maak en direk verband hou met die onderwerp.
  • Dit moet dus duidelike, logiese hoofargumente wees.

Bronne en voorbeelde:

  • Elke hoofargument moet een omvattende bron bevat.
  • Aanhalings is Nie bronne Nie.
  • Daar moet genoeg van die spreker se eie opinies en voorbeelde wees vir balans.

Slot:

  • Daar moet vinnig na hoofargumente verwys word.
  • Die slot moet aansluit by die inleiding.
  • Kyk ook hier na taalgebruik : was dit gepas en treffend.
  • Kyk na gebruik van idiome ens.

AANBIEDING:

Selfvertroue:

  • Dit moet natuurlik wees.
  • Daar is ‘n groot verskil tussen selfvertroue en oordramatisering.
  • Let op na slegte maniërismes en irriterende gewoontes.
  • Wees geloofwaardig in jou aanbieding.

Stemgebruik:

  • Waak teen sprekers met “ritmiese” of “singerige” stemme.
  • Let hier veral op na volume, maar ook na duidelikheid en stemwisseling.
  • Natuurlikheid is die fokus.
  • NIKS oordrewe.

Gebare:

  • Natuurlike geselsstyl.
  • Geen ingeoefende bewegings nie.
  • Spreker moet natuurlike handgebare gebruik, niks oordrewe of dramaties nie.

Oogkontak en notahantering:

  • Spreker moet na die gehoor kyk en nie oor hulle koppe nie. Ook nie vas teen die agterste muur staar nie.
  • Vermy tikmasjien oogkontak.
  • Notas moet verkieslik in een hand vasgehou word en gereeld gewissel word.

Algemene Indruk:

  • Betrokkenheid van gehoor: gehoor moet ingetrek word.
  • Beïndruk die spreker die gehoor.
  • Goeie voorbereiding maak sprekers meer gemaklik met die aanbieding.

Hier volg ‘n paar riglyne vir die skryf van redenaarstoesprake.

Kunswedstryd

Elke jaar neem ons deel aan die Kemptonparkse kunswedstryd, waar ons die leerlinge die geleentheid gee om verskeie items voor te dra. Ons gaan leerders inskryf vir:  Voorgeskrewe Poësie, Eie keuse poësie, Onvoorbereide lees, Bybelse prosa, Own choice poetry, Prescribed Poetry, Unprepared reading, Biblical poetry, kuns en ook vir verskeie sangitems.

Daar word ongeveer 10 leerlinge per graad, per item ingeskryf. Leerlinge mag ook privaat inskryf by dramaskole. Alle nodige inligting, sillabus ens. is op die web beskikbaar by www.kempkuns.co.za.

Impala Kultuur

Spreekkoor

’n Spreekkoor is ’n groep kinders wat ’n gedig of dramatiese teks oordra. ’n Koor wat nie saam sing nie, maar eerder saam praat. Soos in ’n gewone koor, sal daar gedeeltes wees waar die hele koor saam praat, maar daar kan ook solo-gedeeltes wees, of dele waar slegs ’n aantal stemme optree.

Spreekkoor is ‘n platform vir talentontwikkeling ter viering van en opbou van laerskoolkinders, deur toneelontwikkeling, gehoorontwikkeling en blootstelling aan goeie literatuur aan te moedig. Met spreekkore word laerskole aangemoedig om die kinders bloot te stel aan teaterkuns en drama deur middel van spreekkore (junior en senior). Deur die opbouende proses van spreekkore, ontwikkel die kinders selfvertroue, selfkennis, kommunikasie- en luistervaardighede en verbreed hul woordeskat. Kom leef jou liefde vir spreekkoor uit en betower gehore met jou talente hier by Impieland.

Impala Kultuur

Dramaklub

Ons dramaklub het in 2018 afgeskop met ons eerste kompetisie waar die Impie akteurs met hulle talente kom spog het. Die dramaklub bestaan uit Gr4-7 leerlinge waar daar gefokus word op toneelspel.

Impala Kultuur

Junior Revue

Laerskool Impala se Revue is enig in sy soort. Elke jaar neem talentvolle kinders aan nasionale kompetisies deel en draai behoorlik die beoordelaars se koppe! Kompetisies waaraan ons deelneem is ons eie Kunswedstryd, Tswane Youth Arts Festival, SA’s en Kaleidoscope.

Ons sien uit, saam met ons choreograwe na nog `n suksesvolle Revue jaar in 2021. Dit alles kan moontlik gemaak word deur harde werk en ondersteunende ouers. Sterkte aan ons Junior en Senior Revue-groepe vir al die uitdagings wat voorlê in 2021.