Laerskool Impala is ‘n bevoorregte skool wat kan spog met ‘n voedings- fasiliteit soos ons Gr R/RR Sentrum. Dit is ‘n kleurvolle sentrum waar die Jakkertjies en Rakkertjies van kleins af geleer word deur te speel en waar hulle in ‘n uiters veilige leeromgewing die fynere kunsies van opvoeding aanleer.
Laerskool Impala is ‘n bevoorregte skool wat kan spog met ‘n voedings- fasiliteit soos ons Gr R/RR Sentrum. Dit is ‘n kleurvolle sentrum waar die Jakkertjies en Rakkertjies van kleins af geleer word deur te speel en waar hulle in ‘n uiters veilige leeromgewing die fynere kunsies van opvoeding aanleer.
Stralejakkers is ‘n Spog Sentrum met gekwalifiseerde onderwyseresse wat hulle liefde vir kinders uitleef, deur hul Vroeë Kinder Ontwikkelings-vaardighede toe te pas om elke leerling te ontwikkel op sy eie unieke manier. Daar word in elke klassie onderrig gegee in Afrikaans en leef die kindertjies en onderwyseresse ook hul Christelike etos uit op alle terreine.
Ons leerders is gelukkige kleuters wat liefdevol, vinnig en vlytig groei in hul leeromgewing. Die ontwikkeling van groot motoriese en klein motoriese vaardighede geniet deurlopende aandag en stimulering in die klaskamer sowel as op die pragtige speelterreine.
Om deel te wees van hierdie gesin, is om jou kind ‘n voorsprong in die lewe te gee. Dit is hier waar elke kindjie sy/haar eie karakter bou en ontwikkel.
Hier is die kans om u kindjie ‘n groot voorsprong in die lewe te gee en om seker te maak dat hulle deel kan wees van die Impie gesin en ons Spogskool.
Mnr Willem Jacobs
Hoof
By Stralejakkers het ons 'n voldag program wat vanaf 06:30 in die oggend tot 17:15 in die middag.
Tyd | Aktiwiteit |
06:30 - 07:55 | Aankoms en buitespel |
08:00 - 08:50 | Ons groet mekaar: |
| |
| |
| |
| |
08:50 - 09:45 | Onderwyserbegeleide Aktiwiteite: |
| |
| |
| |
Ons geniet kuns: | |
| |
| |
| |
09:45 - 10:00 | Verversings |
10:00 - 11:00 | Vryspel buite |
11:00 - 11:15 | Toiletroetine |
11:15 - 12:15 | Onderwysbegeleide Aktiwiteite |
| |
| |
| |
12:15 - 12:30 | Handewas |
12:30 - 12:45 | Ons luister graag: |
| |
12:45 - 13:00 | Opruimtyd |
13:00 - 14:00 | Etenstyd/Rustyd/Vertrek |
14:00 - 15:00 | Na-skool buitespel |
15:00 - 15:15 | Verversings en koeldrank |
15:15 - 17:15 | Buitespel, TV-kyk, blokkies en legkaart bou |
Aktiwiteite wissel van vryspel tot motoriese en brein ontwikkeling. Hier word jou kind gestimuleer op 'n gebalanseerde wyse.
Stralejakkers is bevoorreg om nou ook ons vier tot vyf jarige maats as Rakkers aan boord die Impie-vlug te hê. Hulle bring 'n nuwe opwinding tot die vlugspan met hulle skaterlaggies en duisende vragies. Hierdie maats se vlerke word nie net voorberei vir 'n vlug wat die winde kan teenstaan nie maar hulle word ook geleer hoe om die winde tot hulle voordeel te gebruik. Hulle word ontdekkingsreisigers wat die wêreld vanuit 'n veilige klaskamer leer ken. Hierdie vaardighede en kennis dien as 'n stewige basis waarvandaan die Gr. R Juffies saam met hulle weer op reis na nog hoër hoogtes vlieg. Leerders wat aan die einde van Gr. R hul vlug by Stralejakkers voltooi is slaggereed om hulle vlerke op Laerskool Impala se aanloopbaan reg te skud. Hier gaan hulle weer op reis saam met 'n span uitstekende toergidse, bekend as Menere en Juffrouens van Laerskool Impala. U geleentheid op 'n fantastiese 9 jaar belegging begin reeds hier by ons Gr. RR Rakkers.
Gr. RR program sluit die volgende in:
Musiek:
Dit is beslis vir elke kleuter ‘n genotvolle ervaring. Daar word klem gelê op gehoorontwikkeling en musiek help ook met die ontwikkeling van konsentrasie en grootspier ontwikkeling.
Bewegingsaktiwiteite:
Liggaamsbeweging is die mees basiese en belangrikste komponent in die kind se ontwikkeling en ‘n kind leer baie deur beweging en spel.
Skeppende aktiwiteite:
‘n Kind leef homself uit in skeppende kunste en kan sy/haar gemoed sommer gou-gou bepaal word.
Taalaktiwiteite:
Ons behandel ‘n wye verskeidenheid temas en elke dag word ‘n ander aspek van die tema bespreek. Hierdeur word taalaktiwiteite by die daaglikse program ingesluit.
By Stralejakkers strewe ons daarna om Gr. RR ‘n prettige leeravontuur te maak!
Dit is vir ons baie belangrik dat die onderrigtyd optimaal benut word in ons Gr. R- klasse. Ons kan u verseker dat alle aspekte van u kind se ontwikkeling in ons kurrikulum sorgvuldig ingebou is, om u kind gereed te maak vir Gr.1.
Die volgende aktiwiteite is deel van ons kurrikulum:
Buitemuurse Bedrywighede:
Stralejakkers bied verskeie sport-akademies aan. Dit vind plaas in ons geskeduleerde speeltye wat deur professionele afrigtings-instansies teen ‘n minimale maandelikse fooi beskikbaar is.
Hierdie leerlinge word deur die betrokke instansie afgehaal en weer veilig terugbesorg by die skool.
Eerste Kwartaal
Tweede Kwartaal
Derde Kwartaal
Vierde Kwartaal
Weens die ouderdom van die kleuters het hulle ekstras nodig deur die dag wat die ouers asseblief moet voorsien.
1 x Pak 14mm Poddy Pastels
1 x 50mm Klein groen felt “duster”
4 x Pakke uitdraaikryte 12’s
1 x Pak driehoek kleurkryte 12’s
1 x Stoelsakkie
1 x Beursie met toutjie om die nek
1 x Giotto verf in houertjie (6-8 kleure) met ‘n kwassie
5 x 43g Pritt
1 x A5 Aftrekboekie
1 x A4 Hardebandboekie met lyntjies (182 Bladsye)
1 x A4 Plastiek koevert
1 x Dik “Dot 2 Dot” Inkleurboek
1 x Pak dik viltpenne 12’s
2 x Enkel bakkies Goitto klei
2 x Pen “grips”
1 x Lang pennesakkie met zip
1 x Pak A3 gekleurde karton 10’s
TASSE: SLEGS 37 CM CASEY CASE – Beskikbaar @ R80 by Stralejakkers of u kan dit self aankoop (GEEN ANDER TIPE TAS WORD TOEGELAAT NIE)
1 x 50mm Klein groen felt “duster”
1 x Stoelsakkie
1 x Beursie met toutjie om die nek
1 x Giotto verf in houertjie (6-8 kleure) met ‘n kwassie
5 x 43g Pritt
2 x Pakke dik vetkryt
1 x 250ml wit houtgom
1 x A4 Plastiek koevert
1 x Dik inkleurboek
2 x Enkel bakkies Goitto klei
1 x Lang pennesakkie met zip
1 x Pak A3 gekleurde karton 10’s
1 x Scrapbook Album A3
24 x Wasgoedpennetjies
1 x Pak Jumbo Chalk kryte Coloured
TASSE: SLEGS 37 CM CASEY CASE – Beskikbaar @ R80 by Stralejakkers of u kan dit self aankoop (GEEN ANDER TIPE TAS WORD TOEGELAAT NIE)
Soos in enige skool om te verseker daar is orde en dissipline, moet daar gehoor gegee word aan die volgende.
Hare:
Dogters: Lang hare moet netjies vasgemaak word met rekkies. Hou maar hul kuifies kort sodat hare nie onnodig in die ogies hang nie.
Seuns: Hare moet kort en netjies wees.
Algemeen:
Juwele: Beperk tot die minimum, aangesien leerdertjies lekker speel en vroetel en aandag sodoende vinnig afgelei word.
Naels: Naels moet kort en skoon wees. Geen naellak word toegelaat nie.
Speelgoed: Geen speelgoed word skooltoe gebring nie, aangesien ons nie verantwoordelikheid daarvoor kan aanvaar nie.
Laatkommery en afwesighede:
Ouers, u kindjie is wel in Gr.R & Gr. RR, maar aangesien ons ‘n kurrikulum volg en ‘n geskeduleerde dagprogram, sal dit waardeer word as u reeds van nou af gesonde gewoontes kweek by u kleuter tov laatkom en afwesigheid. Gereelde skoolbywoning is uiters belangrik vir u kind se vordering. Let wel dat ons reeds om 06:30 vm oop is in die oggend.
Tasse:
Slegs voorgeskrewe tasse soos aangekoop by Stralejakkers is toelaatbaar. Geen rugsakke. Geen gekrap op tassies nie.
Inhoud van tassies:
PAK ASSEBLIEF ‘N GESONDE KOSBLIK!!
Klok:
Die klok lui stiptelik om 13:00 in die middae. Geen ouer mag voor die tyd inkom om ‘n kind te kom afhaal nie. Naskool leerders nuttig hul middagete in hul betrokke klasse en daarna rus hulle tot 14:00.
Geen ouers word toegelaat om voor 13:00 by die klassies rond te staan of in ‘n betrokke klas in te gaan om u kind te gaan afhaal nie, aangesien dit steurend is vir die onderwyseresse.
Verversings:
Kosblikkie tyd:
Ons vra vriendelik dat elke ouer ‘n kosblikkie met gesonde kossies sal inpak skool toe. Elke maatjie moet asb. by die huis reeds ontbyt eet.
Snoepwinkel:
Op Maandae, Woensdae en Vrydae kan maats geld saambring vir snoepie. Die aankoop van verversings maak die dae nie net spesiaal vir die leerders nie, maar leer hulle ook om met geld te werk.
Daar is ‘n verskeidenheid van goedkoop lekkertjies, koeldranke, skyfies en speelgoedjies te koop. Pryse wissel vanaf R1,00 tot R5,00 en sal aangepas word namate prysverhogings.
Omsendbriewe:
Dit is ons as Stralejakkers se manier om met u as ouers te kommunikeer. Daar sal ook ‘n “Impienuus” sowel as ‘n “Jakkernuus/Rakkernuus” uitgestuur word met allerhande nuus aangaande die skool en ons Graad R-Sentrum.
Ouers word as vennote in die opvoedingsproses gesien en daarom word daar van ouers verwag om voortdurend betrokke te wees by alle aspekte van u kind se ontwikkeling.
Algemeen:
Besoeke van ouers tydens skoolure:
Skoolreëls word daar gestel vir die veiligheid van ons kleuters, om hulle opvoeding te bevorder en tot die welsyn van ons Gr. R-sentrum by te dra.
1. Skoolterrein
2.Kleedkamers
3. Motors
4. Hekke
5. Saal
6. Administratiewe Blok
7. Speelgrond
Gr R en RR maats trek gewone klere skool toe aan, behalwe op die volgende dae:
Gr R – Maandae: Stralejakker hempie, met kort/ langbroek.
Gr RR – Dinsdae: Stralerakker hempie met kort/ langbroek.
Onthou om asb. u kind se klere duidelik te merk.Page Break
Halfdagfooie : R1,355-00 (06:30 – 13:00)
Voldagfooie : R2,260-00 (06:30 – 17:30)
Rekening Naam - Laerskool Impala
Bank - ABSA
Tipe rekening - Tjek
Rekening Nr - 124 085 0440
Takkode - 630542
Verwysing - Leerder se naam, van & Gr R of Gr RR bv. Frik Smit GrR of GrRR
Die personeel by Stralejakkers is uitstekend en sal verseker dat daar na elke kind se belange omgesien word.
Vir enige verdere navrae of addisionele inligting, kan u ons gerus kontak. Moet asseblief nie huiwer indien u 'n vraag het nie.
Tel: 011 975 3436
Faks: 086 269 7601
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Me. A. Gouws: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Me M. van Deventer: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Moet asb. nie huiwer om ons te kontak indien u enige inligting verlang of probleme ondervind nie.