Impala personeel is waardegedrewe personeel wat met toewyding, kwaliteit verhoudings met elke Impie wat die Here oor ons pad bring, kweek. Ons waardeer en koester die uniekheid en kosbaarheid van elke leerder se hart en die paaie wat in hul toekoms wag. Met liefde en skaterlag oomblikke word gebalanseerde lewenslesse op professionele wyse uitgeleef en oorgedra aan ons Impies. Ons kranige personeel het ons voet in die stiebeuel en is altyd gereed vir enige uitdaging.