Skip to content Skip to footer

Impala Christenskap

ONS TOEKOMS GEBOU OP ROTS

 
Ons CSV se roeping by Laerskool Impala is om God se lig te laat skyn en ons moet die wêreld smaak gee – SOUT EN LIG! Ons hier by Impala leef dit ten volle uit met Goddelike geure wat die mense en gemeenskap om ons bewus maak van God se liefde en grootheid.
 
 
0 %

Leef met Geloof

Impala Christenskap

Betesda

Ons bidkamer by Impieland-Spogland is ‘n plek van geestelike groei waar alle leerders en ouers welkom is. Die bidkamer spog met pragtige fasiliteite wat tot die kinders van ons skool spreek. Impies kan elke Maandag – Donderdag in die oggend vir ons CSV-komitee en hulle mamma’s kom kuier.

Hier kan leerders kom bid, na bybelstories luister, inkleur en briefies skryf. Die gebedsversoeke word konfidensiëel deur die bidkamer mamma’s hanteer en dit word opgeskryf in die bidkamer se gebedsjoernaal. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking. 

Ons sien uit, saam met ons choreograwe na nog ‘n suksesvolle Revue jaar in 2023. Dit alles kan moontlik gemaak word deur harde werk en ondersteunende ouers. Sterkte aan ons Junior en Senior Revue-groepe vir al die uitdagings wat voorlê in 2023.

  1. Om die Bidkamer voogde in die Bidkamer te help.
  2. Om leierseienskappe te ontwikkel.
  3. Christenskap prakties te maak en uit te leef.
  4. Self geestelik te groei.
  • Teken jou aanwesigheid aan in die diensrooster boek elke keer wanneer jy aan diens is.
  • Help om orde te handhaaf binne die Bidkamer.
  • Help om die Bidkamer voor te berei; knip briefie papiere, knip teken papiere, knip en plak briefies wat terug aan kinders gestuur word en maak potlode skerp.
  • Verseker dat die Bidkamer altyd netjies en skoon is. ʼn Besem, skoppie, mop en emmer is beskikbaar hiervoor.
  • Verseker dat geen kinders in die Bidkamer eet of drink nie – dit sluit die CSV Komiteelid in! Ruim altyd die Bidkamer na ʼn sessie op.
  • Handhaaf te alle tye stilte in die Bidkamer!
  • Help klein kindertjies wat nog nie kan lees of skryf nie om hulle briefies te skryf. Hou alle inligting hoogs konfidensieël sou ʼn kind iets spesifieks met jou deel. Help kinders wat wil Bybel lees om die nodige Bybelboeke op te soek en lees selfs vir hulle indien nodig.
  • Rapporteer ernstige probleme met kinders onmiddellik aan die Bidkamer voog aan diens.
  • Niemand behalwe die Bidkamer voogde mag die kinders se briefies lees nie.
  • Pligte buite die bidkamer: 
  • Help om orde op die stoep en rondom die Bidkamer te handhaaf.
  • Hou die stoep voor die Bidkamer altyd skoon.
  • Die week se briefies moet op Vrydae tydens 1ste pouse in die onderskeie onderwysers se poshokkies geplaas word.
  •  

Impala Christenskap

CSV

Laerskool Impala spog met fantastiese AKTIEWE CSV te danke aan God se genade en seën. Elke leerder van Gr 1 tot Gr 7 word by die CSV op hulle vlak geakkommodeer. Ons het tweeweeklikse CSV periodes waar ons leerders toegerus word deur van verskeie sprekers en aktiwiteite gebruik te maak. Ons doel is om ons Impies toe te rus om sout en lig vir die aarde te wees.

Ons het ook pragtige CSV tradisies soos ons jaarlikse Kerkdiens waarmee ons die jaar afskop, opwindende Hemelvaart vieringe en kwartaallikse Lof en aanbidding geleenthede. So word Christenskap worteldiep deel van ons Impies se wese en kan ons nie anders as om toegewyd Jesus se naam groot te maak nie.

Ek nooi u hartlik uit om Impala se “Facebook page” te besoek om net vir ‘n oomblik die verskil te beleef wat Jesus in Impala moontlik maak! As u enige idees, navrae of skenkings het, kan u my gerus epos by marindsvdm@gmail.com

Jesus liefde

Me M Venter (CSV Hoof)

Laat ek jou vertel hoekom jy hier is. Jy is hier om sout te wees, die geurige geur wat die God-smaake van hierdie aarde na vore bring. As jy jou soutigheid verloor, hoe sal mense dan goddelikheid proe?

Hier is nog ‘n manier om dit te stel: Jy is hier om lig te wees, om die God-kleure in die wêreld na vore te bring. God is nie ‘n geheim om te bewaar nie. Ons maak dit openbaar, so openbaar soos ‘n stad op ‘n heuwel. As ek julle ligdraers maak, dink jy ek gaan julle onder ‘n emmer wegsteek?

Ek plaas julle op ‘n ligstaander. Nou dat ek julle daar bo-op die heuwel geplaas het, laat julle lig skyn! Hou oop huis; wees vrygewig met julle lewens. Deur julle vir ander oop te stel, sal julle mense aanspoor om ook oop te wees vir God, hierdie vrygewige Vader in die hemel.

MATT 5: 13-16 - DIE BOODSKAP

Impala Christenskap

Kerkdiens

Dit is ‘n jaarlikse instelling by Laerskool Impala om die nuwe skooljaar te begin met ‘n kerkdiens. So word verseker dat die jaar reg begin word en leerders gemotiveer word vir die jaar wat voorlê. Hierdie kerkdiens vind gewoonlik plaas op die eerste Vrydag nadat die nuwe skooljaar in Januarie begin het.

Kerkdiens 2020

Laerskool Impala het op 17 Januarie 2020 hul tradisionele jaarlikse kerkdiens bygewoon. Ons is trots om te kan sê dat ons ons 55ste bestaansjaar op die gepaste wyse begin het. Die kerkdiens was op ons pawiljoene gehou. Die boodskap was ongelooflik en ons Impies het hande gevat en die Here se naam geloof en geprys.

Wat `n belewenis!

Hier kan leerders kom bid, na bybelstories luister, inkleur en briefies skryf. Die gebedsversoeke word konfidensiëel deur die bidkamer mamma’s hanteer en dit word opgeskryf in die bidkamer se gebedsjoernaal. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking. 

Ons sien uit, saam met ons choreograwe na nog `n suksesvolle Revue jaar in 2021. Dit alles kan moontlik gemaak word deur harde werk en ondersteunende ouers. Sterkte aan ons Junior en Senior Revue-groepe vir al die uitdagings wat voorlê in 2021.

Ons is gered

Hemelvaart

Hemelvaart is ‘n baie spesiale dag vir beide Laerskool Impala se personeel en Spog-Impies! Dit is ‘n dag waar ons as Christene, Jesus se opstanding op ‘n spesiale en kreatiewe manier kan vier.

 

Elke Impie sien met rede uit na Impieland-Spogland se viering van Hemelvaart. Nog ‘n pragtige voorbeeld van Christenskap wat by Impala uitgeleef word.

Ons gee met liefde

Uitreikprojekte

Eie aan die Impies se tradisie, gaan die Impies nou by meer liefdadigheidsorganisasies betrokke wees. Elke graad groep gaan by ‘n vooraf geïdentifiseerde organisasie betrokke wees. Die gedagte is nie om geld by ons ouers te bedel nie maar eerder ons kinders betrokke te kry en hulle bewus te maak van hul verantwoordelikheid in ons onmiddellike samelewing. Hou gerus die skool se Facebook dop vir foto’s en terugvoer soos projekte kwartaalliks aangepak word.