Stralejakkers

Ontwikkeling

Vir jou kind se toekoms

Marieta van Deventer

Stralejakkers
Boodskap van Departementshoof

Hier by Stralejakkers streef ons daarna om u kind gereed te maak vir Graad R & Graad 1. Ons wil nie hê dat u as ouer te veel bekommerd moet wees as u kindjie sekere dinge nie kan doen nie.

 

Onthou! Die belangrikste is u kind se selfbeeld. Dis belangrik vir ons almal om ‘n positiewe beeld van onsself te hê, net so ook u kind.

As hy/sy ‘n positiewe beeld het voel hy/sy goed oor hom/haarself, voel dat hy/sy instaat is om dinge te doen, te waag en nuwe uitdagings aan te pak.

 

Laat U kind altyd goed voel oor wie en wat hy/sy is en wat hy/sy kan doen. Elke kind het ‘n veilige ruimte nodig, by die huis sowel as hier by die skool om dan ook so ‘n positiewe selfbeeld te ontwikkel.

 

Om so ‘n veilige ruimte vir U kind te skep en te verseker, voldoen in sy basiese behoeftes soos voedsel, kleding, veiligheid en die heel belangrikste is baie aandag en liefde.

 

Hiermee doen ons as personeel van Stralejakkers en StraleRakkers ‘n vriendelike tog ernstige beroep op u as ouers, om saam met ons te werk, eerder as teen ons. Al die sukses berus juis op u positiewe samewerking.

 

Sonder u hulp en ondersteuning kan daar nie ideale nagestreef word nie.


Stralejakkergroete

 

Marieta van Deventer

Stralejakkers

Wat Maak Stralejakkers Spesiaal?

Stralejakkers gee vir ons kindertjies twee dinge: Diepgewortelde waardes en vlerke om te vlieg!

Stralejakkers
Dagprogram
Stralejakkers
Gr. RR Aktiwiteite

Stralejakkers is bevoorreg om nou ook ons vier tot vyf jarige maats as Rakkers aan boord die Impie-vlug te hê.  Hulle bring ‘n nuwe opwinding tot die vlugspan met hulle skaterlaggies en duisende vragies.  Hierdie maats se vlerke word nie net voorberei vir ‘n vlug wat die winde kan teenstaan nie maar hulle word ook geleer hoe om die winde tot hulle voordeel te gebruik.  Hulle word ontdekkingsreisigers wat die wêreld vanuit ‘n veilige klaskamer leer ken.  Hierdie vaardighede en kennis dien as ‘n stewige basis waarvandaan die Gr. R Juffies saam met hulle weer op reis na nog hoër hoogtes vlieg.  Leerders wat aan die einde van Gr. R hul vlug by Stralejakkers voltooi is slaggereed om hulle vlerke op Laerskool Impala se aanloopbaan reg te skud. Hier gaan hulle weer op reis saam met ‘n span uitstekende toergidse, bekend as Menere en Juffrouens van Laerskool Impala.  U geleentheid op ‘n fantastiese 9 jaar belegging begin reeds hier by ons Gr. RR Rakkers.

Musiek

Dit is beslis vir elke kleuter n genotvolle ervaring. Daar word klem gelê op gehoorontwikkeling en musiek help ook met die ontwikkeling van konsentrasie en grootspier ontwikkeling.

Bewegings aktiwiteite

Liggaamsbeweging is die mees basiese en belangrikste komponent in die kind se ontwikkeling en 'n kind leer baie deur beweging en spel.

Skeppende aktiwiteite

'n Kind leef homself it in skeppende kunste en kan sy/haar gemoed sommer gou-gou bepaal word.
Stralejakkers
Gr. R Aktiwiteite

Dit is vir ons baie belangrik dat die onderrigtyd optimaal benut word in ons Gr. R- klasse. Ons kan u verseker dat alle aspekte van u kind se ontwikkeling in ons kurrikulum sorgvuldig ingebou is, om u kind gereed te maak vir Gr.1.

Kurrikulum aktiwiteite

Balspeletjies, fisiese aktiwiteite, bak en brou, bou en skep met klei, musiek en sang

Buitemuurse Bedrywighede

Stralejakkers bied verskeie sport-akademies aan. Dit vind plaas in ons geskeduleerde speeltye wat deur professionele afrigtings-instansies teen ‘n minimale maandelikse fooi beskikbaar is.
Stralejakkers
Bedrywighede op ons terein
Stralejakkers
Aktiwiteite en spesiale dae

Eerste Kwartaal

Tweede Kwartaal

Derde Kwartaal

Derde Kwartaal

Stralejakkers
Bankbesonderhede
Stralejakkers
Algemene Reëls

Juwele: Beperk tot die minimum, aangesien leerdertjies lekker speel en vroetel en aandag sodoende vinnig afgelei word.

 

Naels: Naels moet kort en skoon wees. Geen naellak word toegelaat nie.

 

Speelgoed: Geen speelgoed word skooltoe gebring nie, aangesien ons nie verantwoordelikheid daarvoor kan aanvaar nie.

 

- Swak taal, bakleiery, lelike maniere en beskadiging of neem van ander se eiendom, word nie toegelaat nie, en sal in ‘n ernstige lig beskou word.

- Bly lojaal teenoor ons sentrum, en wees vriendelik en behulpsaam teenoor die opvoeders, administratiewe personeel, maats en algemene assistente.

- Geen kougom word op die skoolterrein toegelaat nie.

Dogters: Lang hare moet netjies vasgemaak word met rekkies. Hou maar hul kuifies kort sodat hare nie onnodig in die ogies hang nie. Seuns: Hare moet kort en netjies wees.

Ouers, u kindjie is wel in Gr.R & Gr. RR, maar aangesien ons ‘n kurrikulum volg en ‘n geskeduleerde dagprogram, sal dit waardeer word as u reeds van nou af gesonde gewoontes kweek by u kleuter tov laatkom en afwesigheid. Gereelde skoolbywoning is uiters belangrik vir u kind se vordering. Let wel dat ons reeds om 06:30 vm oop is in die oggend.

Slegs voorgeskrewe tasse soos aangekoop by Stralejakkers is toelaatbaar. Geen rugsakke. Geen gekrap op tassies nie.

- Geen glas koeldrankbotteltjies nie.

- Slegs plastiekbotteltjies wat stewig kan toedraai.

- Kosblikkie wat stewig seël.

 

PAK ASSEBLIEF ‘N GESONDE KOSBLIK!

Die klok lui stiptelik om 13:00 in die middae. Geen ouer mag voor die tyd inkom om ‘n kind te kom afhaal nie. Naskool leerders nuttig hul middagete in hul betrokke klasse en daarna rus hulle tot 14:00.

 

Geen ouers word toegelaat om voor 13:00 by die klassies rond te staan of in ‘n betrokke klas in te gaan om u kind te gaan afhaal nie, aangesien dit steurend is vir die onderwyseresse.

Kosblikkie tyd:

Ons vra vriendelik dat elke ouer ‘n kosblikkie met gesonde kossies sal inpak skool toe. Elke maatjie moet asb. by die huis reeds ontbyt eet.

Op Maandae, Woensdae en Vrydae kan maats geld saambring vir snoepie.  Die aankoop van verversings maak die dae nie net spesiaal vir die leerders nie, maar leer hulle ook om met geld te werk.

 

Daar is ‘n verskeidenheid van goedkoop lekkertjies, koeldranke, skyfies en speelgoedjies te koop.  Pryse wissel vanaf R1,00 tot R5,00 en sal aangepas word namate prysverhogings.

Dit is ons as Stralejakkers se manier om met u as ouers te kommunikeer. Daar sal ook ‘n “Impienuus” sowel as ‘n “Jakkernuus/Rakkernuus” uitgestuur word met allerhande nuus aangaande die skool en ons Graad R-Sentrum.

 

Ouers word as vennote in die opvoedingsproses gesien en daarom word daar van ouers verwag om voortdurend betrokke te wees by alle aspekte van u kind se ontwikkeling.

- Indien u die onderwyseres wil spreek, moet ‘n afspraak voor/na skoolure gereël word.

- Afsprake kan deur die kantoor/self met onderwyseres gereël word.

Gr R en RR maats trek gewone klere skool toe aan, behalwe op die volgende dae:

Gr R – Maandae: Stralejakker hempie, met kort/ langbroek.

Gr RR – Dinsdae: Stralerakker hempie met kort/ langbroek.

Onthou om asb. u kind se klere duidelik te merk.Page Break

Stralejakkers
Skoolreëls

- Hou ons terrein skoon.

- Papiere word opgetel en in vullisdrom gegooi.

- Moenie brood en afvalkos rondstrooi nie.

- Moenie teen mure krap met voorwerpe nie.

- Daar word nie op stoepe gehardloop nie.

- Geen leerders mag naby palisades speel nie.

- Speel versigtig op klim-apparate ens.

- Toiletroetine word aangeleer en leerdertjies sal besoek aflê voor klasyd en weer na speeltyd.

- Geen kos word in kleedkamers toegelaat nie.

- Mag nie in kleedkamers speel nie.

- Moenie met toiletpapier mors nie.

- Spoel toilet na gebruik.

- Was handjies nadat jy in toilet was.

- Mag nie met water speel nie.

- Leerders mag nie by of tussen motors speel nie.

- Ouers laai kinders buite terrein af en stap saam met u kindjie by die terrein in.

- Ouers mag nie voor motorhek stop nie.

- Alle hekke sal gedurende skoolure gesluit wees.                

- Alle leerdertjies moet binne terrein wag vir hul ouers.

- Geen leerders mag by die hekke speel nie.

- Gedrag tydens saaloptredes is van uiterste belang.

- Beweeg stil en ordelik van en na die saal.

- Geen leerder mag sonder toestemming in die saal wees nie.

- Geen kos of koeldrank word in die saal ingebring nie.

- TV of DVD mag nie deur leerders hanteer word nie.

- Die saal moet te alle tye skoon en netjies agtergelaat word.

- Leerders word nie toegelaat in die kantoor, personeelkamer of kombuis nie, slegs onder toesig.

- Geen leerders sit op meubels in kantoor/personeelkamer nie.

- Leerders word alleenlik toegelaat as hul behandeling vir beserings moet kry of deur onderwyseres gestuur is.

- Geen tassies, kosblikke of koeldrankbottels word op die speelgrond toegelaat nie.  Leerders eet voor speeltyd en bêre tassies weer in die klas.

- Geen tassies lê op die stoepe rond nie.

Stralejakkers
Personeel

Die personeel by Stralejakkers is uitstekend en sal verseker dat daar na elke kind se belange omgesien word.

Juf Marieta

Departementshoof VKO

Mev Liza Du Plessis

Ontvangs

Juf Liezl

Bokkie Klas

Juf Alisa

Bytjie Klas

Juf Kayla

Zebra Klas

Juf Roelien

Reënboog Klas

Juf Marna

Uiltjie Klas

Juf Bianca

Pikkewyntjie Klas

Juf Nadia

Skapie Klas

Juf Tersia

Olifantjie Klas

Juf Danielle

Kameelperd Klas

Juf Rualiene

Ontvangs/Admin

Juf Belle

Student

Juf Megan

Student