WELKOM BY Laerskool Impala

Impieland - Spogland

Die skool (met die vliegtuig) waar elke kind homself kan wees.  Hier kan ons saam werk, lag en droom. Kom begin as ‘n papiervliegtuigie: voel gekoester, word gevorm, wees skoolgereed en word dan ‘n volwaardige Impala straler wat onafhanklik en toekomsgerig, hoër hoogtes sal bereik.  Leef jouself uit op akademiese, christelike, sport en kulturele gebied en ontwikkel as ‘n leier.  Met hoogs bekwame onderwysers en terapeute om leiding te gee en van jou die beste JY te maak.  Word deel van die Impie-familie. 

BOODSKAP

DIE HOOF - Willem Jacobs

Die onderwys is ‘n professie wat voortdurend ontwikkel en daar word van skole verwag om by te bly met voortdurende ontwikkeling. Laerskool Impala neem hierdie verantwoordelikheid ter harte en poog om op hoogte te bly met die nuutste inligting in die opvoedkunde.

BOODSKAP

DIE HOOF - Willem Jacobs

Die onderwys is ‘n professie wat voortdurend ontwikkel en daar word van skole verwag om by te bly met voortdurende ontwikkeling.  Laerskool Impala neem hierdie verantwoordelikheid ter harte en poog om op hoogte te bly met die nuutste inligting in die opvoedkunde.

 

Laerskool Impala se uitnodigende onderwysmodel skep die gepaste onderrigmileu waar passievolle onderrig gekombineer word met die nodige empatie om alle leerders se harte te verstaan en denke  te stimuleer vir akademiese vooruitgang.  Die vennootskap tussen die Impie-gemeenskap en die skool verskaf die geskikte klimaat waar elke Impie veilig en geborge kan voel.

 

By Laerskool Impala hou ons daarvan om gebalanseerde jongmense toe te rus met al die emosionele, geestelike en akademiese benodighede wat hulle in die toekoms sal kan gebruik. 

 

Laerskool Impala bied ‘n verskeidenheid aktiwiteite aan.  Alle kinders kan hulself uitleef op verskeie terreine.

 

Laerskool Impala is ‘n skool wat aan kinders ‘n platform gee om hul drome en potensiaal met oorgawe te kan uitleef.

 

Laerskool Impala is die plek waar kinders kind kan kom wees.

 

Laerskool Impala waar elke kind kan lag, leef en droom in geloof.

Ondersteuningsdienste

Tannie Maryna

Wees gegroet hier vanuit die “Ons gee om Kantoor”!

 

Wat ‘n uitdagende jaar!  Sou ons ooit kon voorsien hoe ons lewens sou loop gedurende 2020? Ons is almal besig om branders te ry wat ons dikwels asemloos laat. Ek wil u elkeen bemoedig. Hou kop bo water en hou aan water trap. Dit sal vorentoe weer beter gaan!

 

Vir die afgelope paar maande het ek nou betrokke geraak by die wel en weё van ons Impie personeel, leerlinge en ouers. Dit is vir my lekker om deel te wees van ‘n span wat kan saamwerk om ‘n positiewe verskil te maak. 

 

Ek stem saam met die volgende stelling:

“The highest function of education is to bring about an integrated individual who is capable of dealing with life as a whole.” 

 

Uiteindelik maak ons almal as skoolgemeenskap ‘n belegging in ‘n veel groter saak: Mense wat voluit en gelukkig die lewe kan oorleef. Ons deur staan altyd oop vir ‘n Impie.     

Ondersteuningsdienste

DIE volgende word gelewer

Die volgende ondersteuningsdienste word gelewer:

  • Ouerleiding en ondersteuning
  • Persoonlike ontwikkeling vir ons ouers, leerlinge en onderwysers
  • Materiёle hulpverlening
  • Die hantering van alle maatskaplike kwessies en skakeling met ‘n multi professionele span

 

Ondersteuningsdienste:

  • Berading: Maryna de Beer
  • Arbeidsterapeut:  Annemarie Grobelaar
  • Opvoedkundige sielkundige:  Bessie Venter.
  • Spraakterapeut: Jolette van Eck