IMPIES Christenskap

Ons toekoms gebou op rots

Ons CSV se roeping by Laerskool Impala is om God se lig te laat skyn en ons moet die wêreld smaak gee - SOUT EN LIG! Ons hier by Impala leef dit ten volle uit met goddelike geure wat die mense en gemeenskap om ons bewus maak van God se liefde en grootheid.

0
Leef in Geloof
Impala Christenskap
Betesda

Ons bidkamer by Impieland-Spogland is ‘n plek van geestelike groei waar alle leerders en ouers welkom is. Die bidkamer pronk met pragtige fasiliteite wat tot die kinders van ons skool spreek. Impies kan elke Maandag – Donderdag in die oggend vir ons CSV-komitee en hulle mamma’s kom kuier.

 

Hier kan leerders kom bid, na bybelstories luister, inkleur en briefies skryf. Die gebedsversoeke word konfidensiëel deur die bidkamer mamma’s hanteer en dit word opgeskryf in die bidkamer se gebedsjoernaal. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking. 

  • Om die Bidkamer voogde in die Bidkamer te help.
  • Om leierseienskappe te ontwikkel.
  • Christenskap prakties te maak en uit te leef.
  • Self geestelik te groei.
  • Teken jou aanwesigheid aan in die diensrooster boek elke keer wanneer jy aan diens is.
  • Help om orde te handhaaf binne die Bidkamer.
  • Help om die Bidkamer voor te berei; knip briefie papiere, knip teken papiere, knip en plak briefies wat terug aan kinders gestuur word en maak potlode skerp.
  • Verseker dat die Bidkamer altyd netjies en skoon is. ʼn Besem, skoppie, mop en emmer is beskikbaar hiervoor.
  • Verseker dat geen kinders in die Bidkamer eet of drink nie – dit sluit die CSV Komiteelid in! Ruim altyd die Bidkamer na ʼn sessie op.
  • Handhaaf te alle tye stilte in die Bidkamer!
  • Help klein kindertjies wat nog nie kan lees of skryf nie om hulle briefies te skryf. Hou alle inligting hoogs konfidensieël sou ʼn kind iets spesifieks met jou deel. Help kinders wat wil Bybel lees om die nodige Bybelboeke op te soek en lees selfs vir hulle indien nodig.
  • Rapporteer ernstige probleme met kinders onmiddellik aan die Bidkamer voog aan diens.
  • Niemand behalwe die Bidkamer voogde mag die kinders se briefies lees nie.
  • Help om orde op die stoep en rondom die Bidkamer te handhaaf.
  • Hou die stoep voor die Bidkamer altyd skoon.
  • Die week se briefies moet op Vrydae tydens 1ste pouse in die onderskeie onderwysers se poshokkies geplaas word.

 

Impala Christenskap
Betesda

Laerskool Impala spog met fantastiese AKTIEWE CSV te danke aan God se genade en seën. Elke leerder van Gr 1 tot Gr 7 word by die CSV op hulle vlak geakkommodeer. Ons het twee weeklikse CSV periodes waar ons leerders toegerus word deur van verskeie sprekers en aktiwiteite gebruik te maak. Ons doel is om ons Impies toe te rus om sout en lig vir die aarde te wees.

 

Ons het ook pragtige CSV tradisies soos ons jaarlikse Kerkdiens waarmee ons die jaar afskop, opwindende Hemelvaart vieringe en kwartaallikse Lof en aanbidding geleenthede. So word Christenskap worteldiep deel van ons Impies se wese en kan ons nie anders as om toegewyd Jesus se naam groot te maak nie.

 

Ek nooi u hartlik uit om Impala se “Facebook page” te besoek om net vir ‘n oomblik die verskil te beleef wat Jesus in Impala moontlik maak! As u enige idees, navrae of skenkings het, kan u my gerus epos by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

Jesus liefde

Me M Venter (CSV Hoof) 

Julle is sout wat smaak moet gee aan hierdie smaaklose wêreld waarin almal in sonde leef. As julle dit nie doen nie, beteken julle net mooi niks vir God nie. Dan kan Hy julle net sowel op die ashoop weggooi.

 

Julle is ’n lig vir die donker wêreld rondom julle. Almal moet kan sien dat julle glo.

 

Julle geloof moet net so sigbaar wees soos ’n stad wat hoog bo-op ’n berg gebou is.

 

Geen mens sit ’n lig aan en gaan steek dit dan onder ’n bed weg nie. Nee, ’n lig word in die middel van ’n vertrek neergesit sodat almal kan sien wat om hulle aangaan. Dit is presies wat julle ook moet doen. Moenie iewers in die donker gaan wegkruip nie. Julle moet soos ’n lig in hierdie pikdonker wêreld skyn. Ander mense moet uit julle woorde en dade sien dat julle God van harte dien. Dan sal hulle sê dat God regtig ’n groot en goeie God is. So word julle hemelse Vader se Naam regtig grootgemaak.”

Matt 5: 13-16 - DIE BOODSKAP

Impala Christenskap
Kerkdiens

Dit is ‘n jaarlikse instelling by Laerskool Impala om die nuwe skooljaar te begin met ‘n kerkdiens. So word verseker dat die jaar reg begin word en leerders gemotiveer word vir die jaar wat voorlê. Hierdie kerkdiens vind gewoonlik plaas op die eerste Vrydag nadat die nuwe skooljaar in Januarie begin het.


Kerkdiens 2020

Laerskool Impala het op 17 Januarie 2020 hul tradisionele jaarlikse kerkdiens bygewoon. Ons is trots om te kan sê dat ons ons 55ste bestaansjaar op die gepaste wyse begin het. Die kerkdiens was op ons pawiljoene gehou. Die boodskap was ongelooflik en ons Impies het hande gevat en die Here se naam geloof en geprys.


Wat `n belewenis!

Ons is Gered
Hemelvaart

Hemelvaart is ‘n baie spesiale dag vir beide Laerskool Impala se personeel en Spog-Impies! Dit is ‘n dag waar ons as Christene, Jesus se opstanding op ‘n spesiale en kreatiewe manier kan vier.

 

Elke Impie sien met rede uit na Impieland-Spogland se viering van Hemelvaart. Nog ‘n pragtige voorbeeld van Christenskap wat by Impala uitgeleef word.

Ons gee met liefde
Uitreiprojekte

Eie aan die Impies se tradisie, gaan die Impies nou by meer liefdadigheidsorganisasies betrokke wees. Elke graad groep gaan by ‘n vooraf geïdentifiseerde organisasie betrokke wees. Die gedagte is nie om geld by ons ouers te bedel nie maar eerder ons kinders betrokke te kry en hulle bewus te maak van hul verantwoordelikheid in ons onmiddellike samelewing. Hou gerus die skool se Facebook dop vir foto's en terugvoer soos projekte kwartaalliks aangepak word.