• image
  • image
  • image
  • image
  • image
  • image
  • image

Impies Superheroes kaskardag 2020

Laerskool Impala se tradisionele kaskardag het vanjaar reeds 29 Februarie 2020 plaasgevind. Dit was weereens 'n reuse sukses en beslis ons grootste fondsinsameling vir 2020.

Baie dankie aan al die borge en maatskappye wat betrokke geraak het by ons kaskardag. Die stalletjies wat op die dag beskikbaar was, het gewissel van die heerlikste pannekoeke na die oulikste speelgoed vir ons kinders. Die stalletjies was deur elke graad beman.

Borgskappe en maatskappye se bemarkingsmateriaal was op die rugbyveld uitgestal vir bemarking en volle blootstelling. Al die Impies het geleentheid kry om kaskarre te ry en daarna die dag saam met hulle familie by ons skool te spandeer.

Ons dank almal wat hierdie dag bygewoon het.  

Die fondse wat ingesamel is, is gebruik om ons Junior klaskamers met tegnologie uit te rus.

 

  

 

 

 
 
          
          
 

  

LAERSKOOL IMPALA WAAR ONS LAG, LEEF EN DROOM IN GELOOF