Daar word verwag dat leerlinge elke dag in volle skooldrag die skool sal bywoon.  Alleen skooldrag wat by die amptelike verskaffers verkrygbaar is, word aanvaar.  Dogters word toegelaat om die amptelike langbroek en trui te dra vanaf die begin van die tweede kwartaal totdat dit warmer word.

 

SOMERSDRAG

 

Dogters

Blou en Maroen skoolrok, Swart skoolskoene en blou kort skoolkouse en Maroen of blou linte in dogters se hare.

 

Seuns

Grys kortbroek, Geel kortmouhemp en  Swart skoolskoene en grys skoolkouse.

 

 

 

WINTERSDRAG

 

Dogters

Blou skoollangbroek, Geel langmouhemp, Skooldas, Swart skoolskoene en gryskouse, (of lang vlootblou "tights" - slegs by skoolrokke),  Maroen of blou linte in dogters se hare.

  

Seuns

Grys skoollangbroek, Geel langmouhemp, Skooldas, Swart skoolskoene en gryskouse, B2.

 

MBK/ LOT KLEREDRAG

MBK-broek en CSV-hemp, wit kouse en netjiese skoon tekkies.

CSV KLEREDRAG: DIT WORD OP WOENSDAE GEDRA, WANNEER DAAR CSV IS

CSV-hemp, blou denim (knie hoogte in die somer/ lang denim) - geskeerde denims word nie toegelaat nie. Netjiese skoon tekkies.

 

VERSKAFFERS:

 

Boundary Silk Bazaar, Albatrosweg en Silky Bazaar. 

School of Leisure, 148 Monument Rd, Aston Manor, Kempton Park, 1630

 

Let wel: `n Blou skooltrui, nuwe Impie Dry Mac of effekleurige skoolbaadjie mag op koue dae gedra word.

Leerlinge mag in die somer kaalvoet skool toe kom, behalwe op Maandae vir die saalopeninge.

 

SKOOLTASSE

 

Graag wil ons asb vir u as ouer vra om te kyk na u kind se tas. Die wielietjie tasse en Cadii tasse is aanvaarbaar by Laerskool Impala vir die Gr 4-7 leerders. By die

Gr 1-3 leerders benodig nie daardie tasse nie, maar ons verkies die blou tas met afskortings, omdat hierdie leerders nie soveel boeke het nie.

En ons by Impieland verkies veral die regte sportsakke.