Dit is ‘n jaarlikse instelling by Laerskool Impala om die nuwe skooljaar te begin met ‘n kerkdiens. So word verseker dat die jaar reg begin word en leerders gemotiveer word vir die jaar wat voorlê. Hierdie kerkdiens vind gewoonlik plaas op die eerste Vrydag nadat die nuwe skooljaar in Januarie begin het. 

Kerkdiens 2020

Laerskool Impala het op 17 Januarie 2020 hul tradisionele jaarlikse kerkdiens bygewoon. Ons is trots om te kan sê dat ons ons 55ste bestaansjaar op die gepaste wyse begin het. Die kerkdiens was op ons pawiljoene gehou. Die boodskap was ongelooflik en ons Impies het hande gevat en die Here se naam geloof en geprys. Wat `n belewenis!!!!!!!