Laerskool Impala se Revue is enig van sy soort. Elke jaar neem talentvolle kinders aan Nasionale kompetisies deel en draai behoorlik die beoordelaars se koppe! Kompetisies waaraan ons deelneem is ons eie Kunswedstryd, Tswane Youth Arts Festival, SA's, 8 Beat en Kaleidoscope. Ons sien uit, saam met ons choreograwe na nog `n suksesvolle Revue jaar in 2020. Dit alles kan moontlik gemaak word deur harde werk en ondersteunende ouers. Sterkte aan ons Junior en Senior Revue-groepe vir al die uitdagings wat voorlê in 2020.

Prestasies bereik in 2019:

Kunswedstryd wenners, 2de plek by Suid-Afrikaanse SACOPA Kompetisie en 2de plek by Kaleidoscope.

Oefentye 2020

Revue-oefentye sal op die volgende dae plaasvind nl. Maandae-, Donderdae- en Vrydae-middae.

Sommige Saterdae sal daar ook op ons Revue maats se knoppies gedruk word.

Oefentye is as volg: 

Maandae: Juniors 14:00 - 16:00, Seniors 16:00 - 18:00

Donderdae: Juiors 17:00 - 19:00

Vrydae: Seniors 14:00 - 16:30

Optree datums:

Tswane: 29 Julie - 29 Augustus 2020

Kaleidoscope: 21 Julie - 22 Augustus 2020

 

SA Kampioenskappe: 31 Augustus - 5 September 2020

 

Revuegroete