Het jy dalk uitgeval met die Rugby of Netbal proewe?

Hoekom kom speel jy nie Ringbal nie?

Dis nou tyd vir Ringbal – Kom speel saam met ons!!!!

Nou wat is Ringbal?

In die “ou” dae het ons korfbal gespeel. Die naam is verander na Ringbal.

Ringbal is 'n nie-kontak sport wat gespeel word deur beide mans en vroue, oud en jonk.

In ons geval seuns en dogters, gewoonlik speel hulle aparte wedstryde.

Ringbal is soortgelyk aan netbal die reëls is net baie strenger en die spel is baie vinniger en het nege spelers in die span.

Wie kan speel?

Seuns en Dogters is almal welkom.

Almal vanaf O/10 opwaarts is welkom.

Oefentye:

Dinsdae en Donderdae vanaf 16:00-17:30. Woensdae word die wedstryde gespeel.

 

Wedstryde:

Datum Wedstryd
18 Julie 2020 Pre-Liga 
20 - 23 Julie 2020 Liga
25 Julie 2020 Liga
27 - 30 Julie 2020 Liga
1 Augustus 2020 Liga
3 - 6 Augustus 2020 Liga
11 - 13 Augustus 2020 Liga
15 Augustus 2020 Liga
17 - 20 Augustus 2020 Liga
24 - 25 Augustus 2020 Liga
26 Augustus 2020 Semi en finale

Kontak afrigter:

Juffrou Angelique Botha

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.