Aansoek om toelating

Terme en Voorwaardes

Ek/ons, die ouer/s of wettige voog/de van die leerder:

  1. Bevestig hiermee dat ek/ons bewus is daarvan dat die skool verskeie beleide, kodes en reëls het en dat sodanige beleide, kodes en reëls van tyd tot tyd gewysig word. Ek/Ons onderneem om onsself van sodanige beleide, reëls en kodes te vergewis en bevestig hiermee verder dat ons onsself en ons kind (die leerder) outomaties aan sodanige beleide, kodes en reëls onderwerp by inskrywing van die leerder by die skool en dat ek/ons aan sodanige beleide, kodes en reëls sal voldoen en die skool sal ondersteun in die nakoming van sodanige beleide, kodes en reëls.
  2. Gee hiermee toestemming dat:
    1. die skool my/ons persoonlike inligting wat deur die skool ingesamel, verwerk en gestoor word ingevolge die relevante bepalings van die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 (POPI) vir doeleindes van die behoorlike funksionering en bestuur van die skool, soos voorgeskryf in die Suid-Afrikaanse Skolewet, 84 van 1996 en ander relevante nasionale en provinsiale onderwys wetgewing en beleid; en
    2. die skool die leerder se persoonlike inligting (insluitend akademiese, bywoning, gedrags-en ander skoolverwante rekords) wat deur die skool ingesamel, verwerk, gedeel en gestoor word ingevolge die relevante bepalings van die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 (POPI) vir die doeleindes van registrasie van die leerder in die skool, die behoorlike funksionering en bestuur van die skool, soos voorgeskryf in die Suid-Afrikaanse Skolewet, 84 van 1996 en ander relevante nasionale en provinsiale onderwys wetgewing en beleid.
  3. Bevestig dat ek/ons ingelig is dat die bogenoemde persoonlike inligting in ooreenstemming met die skool se POPI-beleid hanteer sal word, welke beleid op die skool se webwerf beskikbaar is, alternatiewelik op versoek aan die skool beskikbaar gestel sal word. Ek bevestig dat ek bewus is daarvan dat my/ons regte met betrekking tot die beskerming van my/ons persoonlike inligting ook volledig in hierdie beleid vervat word.