By Laerskool Impala is massa deelname ‘n prioriteit. Ons wil hardloop en oefen lekker maak en die liefde daarvoor by elke Impie kweek. Ons glo vas dat ‘n gesonde liggaam, ‘n gesonde gees huisves. Ons moedig elke Impie aan om by ons landloop oefengroep aan te sluit. Ons fokus op algemene fiksheid wat beslis ‘n voordeel inhou vir alle sportsoorte en die atlete het boonop hope pret.
Ons landloop seisoen begin reeds in die tweede kwartaal, waar ons aan vriendskaplike wedlope asook aflosbyeenkomste deelneem. Laerskool Impala neem aan drie Kempton Park liga-wedlope deel wat in Julie en Augustus (derde kwartaal) plaasvind. Hier kry atlete die geleentheid om te kwalifiseer om aan die D17-, Gauteng- en dan Suid-Afrikaanse kampioenskappe deel te neem.
Die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vind gewoonlik in die September skoolvakansie plaas. Die Impies verteenwoordig jaarliks hul provinsie by die SA-kampioenskappe en kan spog met puik resulte oor die jare.
Laerskool Impala het jukskei as ‘n massadeelname sportsoort in 2017 begin. In 2019 het ons ‘n groot totaal van 110 leerders gehad...
“I have to believe in myself. I know what I can do, what I can achieve.” -Sergio Garcia
Golf by Laerskool Impala...
In die derde kwartaal speel die graad 4 – 7 Impies ringbal. By die ringbal is ons een groot familie. Ons lag, val en leer saam...
Laerskool Impala het hengel as ‘n sportsoort in 2018 begin. Gedurende daardie jaar het ons met drie spanne begin en het ons as naaswenners...
By Laerskool Impala is skaak ‘n rustige sport wat fokus op strategieë en hoër denke. Leerders leer om analities te dink en leer om...